Begonia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Begonia L.
|
Begonia is ’n genus meerjarige blomplante in die familie Begoniaceae. Die genus bevat, volgens 'n onlangse telling, 1 795 verskillende spesies. Begonias is inheems aan klam tropiese en subtropiese klimate. Sommige spesies word in koeler klimate algemeen as huisplante gekweek. Hulle het pragtige, kleurryke blomme, wat kelkblare het maar nie kroonblare nie.