'n Bloes is 'n lospassende boonste kleed wat voorheen deur werkers, boere, kunstenaars, vroue en kinders gedra is.[1] Dit word gewoonlik by die middellyf of heupe saamgebind (met 'n lyfband of gordel), sodat dit losweg hang[2] oor die draer se liggaam.[1] Deesdae verwys die woord meestal na 'n meisie of vrou se rokhemp[3] maar kan ook verwys na 'n manshemp as dit 'n lospassende styl het (bv. die digterhemde en kossakhemde).[4] Tradisioneel word die term gebruik om te verwys na 'n hemp wat uitbloes of 'n onmiskenbare vroulike voorkoms gee.