’n Boegskok is die gebied tussen ’n magnetosfeer en ’n omringende medium. By sterre is dit gewoonlik die grens tussen hul sterwind en die interstellêre medium. In planete se magnetosfeer is die boegskok die grens waar die snelheid van die sonwind skielik afneem omdat dit die magnetopouse nader.[1]
Die bekendste voorbeeld van ’n boegskok is die een om die Aarde, maar alle gemagnetiseerde planete het een. Die Aarde s’n is sowat 17 km dik [2] en is sowat 90 000 km van die Aarde af geleë.[3]
Dekades lank is geglo die Son se sonwind vorm ’n boegskok wanneer dit teen die omringende interstellêre medium bots. Dit is in 2012 bevraagteken toe data van die Interstellar Boundary Explorer (IBEX) ontdek die Sonnestelsel beweeg stadiger deur die interstellêre medium as wat voorheen gedink is.[4] Dit het die vermoede laat ontstaan dat daar min of geen boegskok om die Sonnestelsel is nie.[4]
Dit kom ook algemeen voor by Herbig Haro-voorwerpe (waar strome gas uit vormende sterre gewerp word): ’n baie sterker gerigte uitvloei van gas en stof veroorsaak boegskokke wat teen optiese golflengtes sigbaar is.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp); Gaan datum na in: |date=
en |year=
/ |date=
mismatch (hulp); Onbekende parameter |month=
geïgnoreer (hulp)