’n Bojaar of boljaar was van die 10de tot die 17de eeu ’n lid van die hoogste rang van die feodale Bulgaarse, Russiese, Walachyse, Moldawiese en later Roemeense, Litause en Balties-Duitse adel, net onder die regerende prins (tsaar in Bulgarye). Die rang word steeds gebruik as ’n van in Rusland, Roemenië, Finland, Litaue en Letland waar dit "Pajari"[1] of "Bajārs/-a" gespel word.