Bontkwartel | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. delegorguei
|
Binomiale naam | |
Coturnix delegorguei Delegorgue, 1847
|
Die Bontkwartel (Coturnix delegorguei) is 'n voël wat voorkom in Zimbabwe, noordelike Namibië, noordelike Botswana en noord en sentraal Suid-Afrika. Die voël word 14 – 18 cm groot en weeg 68 - 90 gram. Die voël is donkerder as die Afrikaanse kwartel. Die voël leef in grasvelde, vogtige velde en savanne. In Engels staan die voël bekend as Harlequin quail.