Brandnetel | |
---|---|
(Urtica dioica) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Urtica L.
|
Spesies | |
Sien teks |
Die brandnetel se naam is toe te skryf aan die talle brandhare aan die plant, wat by aanraking taamlik pyn en 'n lastige gejeuk veroorsaak. Hoewel die brandnetel alombekend is in Suid-Afrika, is dit nie 'n inheemse plant nie, maar afkomstig uit Europa. Daar is hier egter ’n groot verskeidenheid plante wat tot dieselfde familie Urticeae behoort en onder die orde Urticales saamgegroepeer word. In Suid-Afrika is die bekendstes onder hulle die bergbrandnetel, Kamdeboostinkhout, dagga en vye- en moerbeibome. Kenmerkend vir hierdie plantorde is dat die plante dieselfde blom eienskappe het.