Breskens | |
---|---|
Breskens in die munisipaliteit Sluis | |
Koördinate: 51°23′42″N 3°33′25″E / 51.39500°N 3.55694°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zeeland |
Munisipaliteit | Sluis |
Bevolking (1 Januarie 2010) | 4 787 |
Breskens is 'n hawedorp aan die Westerschelde in die munisipaliteit Sluis in die provinsie Zeeland, in die suidwestelike Nederlande. Die bevolking tel 4 787 (in 2010).
Die dorp is bekend vir die Visserijfeesten, die grootste fees in Zeeland.
Daar bestaan 'n veerbootverbinding tussen Breskens en Vlissingen. Sedert die opening van die Westerschelde-tonnel naby Terneuzen in 2003, vervoer die veerboot nou net voetganger- en fietsverkeer.