Bromanse, of soms verkeerdelik mansminnekoos (man-crush), is ’n diepe, nie-seksuele verhouding tussen twee of meer mans, as ’n vorm van homososiale (dit wil sê, vriendskaplike omgang tussen persone van dieselfde geslag) intimiteit. [1] Die woord, wat in die 1990’s bedink is, verwys kenmerkend na ’n verhouding tussen heteroseksuele mans wat beïnvloed word deur die uitwerking van die tweede golf feminisme in die Verenigde State van Amerika, of soortgelyke bewegings van oor die wêreld heen, omrede baie van die jonger mans, wat meer uitdrukking gee aan hul emosies en meer meegevoel toon as die vorige geslagte s’n, deur feministiese moeders van die 1970’s grootgemaak is. [1]