Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Burschenschaft

Die Burschenschaft is 'n Duitse studentekorps (histories-tradisionele vereniging van studente en voormalige studente) in Duitsland, Oostenryk en Chili. Daar is twee groot sambreelorganisasies: Die Duitse Burschenschaft (Duitse naam: Deutsche Burschenschaft of kort DB) en die Nuwe Duitse Burschenschaft (Duitse naam: Neue Deutsche Burschenschaft of kort Neue DB) wat 'n afsondering van die Duitse Burschenschaft uit die jaar 1996 is. Benewens die twee verbande is daar enkele Burschenschaften buite die sambreelorganisasie en enkele Burschenschaften in ander organisasies wat nie vergelykbaar met die Burschenschaften binne die DB is nie. Die Burschenschaften verteenwoordig net 'n minderheid van tussen 15 en 20 persent van alle Duitse studentekorps.

Die DB erken die beginsels van die sogenaamde Urburschenschaft wat in 1815 in Jena gestig ist. Die Urburschenschaft het hom ná die Vryheidsoorloë teen die Napoleontiese Frankryk vir die stigting van 'n vrye nasionale Duitse eenheidstaat beywer.

In Suid-Afrika is daar 'n vereniging van ou Burschenschafter in Pretoria. Die voorsitter is ingenieur Wulf Rüsch.


Previous Page Next Page