Chemspoor-samesweringsteorie

'n Straler wat hoog vlieg laat kondensasiespore agter.

Die Chemspoor-samesweringsteorie is 'n onbewese vermoede dat die langdurige wolkspore wat in die lug sigbaar is, gevorm word deur vliegtuie wat baie hoog vlieg, en dat die spore uit chemiese of biologies agense bestaan wat doelbewus gesproei word vir sinistere doeleindes wat ongeopenbaar bly aan die algemene publiek.[1] Voorstanders van die teorie redeneer dat gewone kondensasiespore vinnig verdwyn en dat die wolk-spore wat nie verdwyn nie daarom uit addisionele stowwe moet bestaan.[2][3] Hierdie argumente word afgemaak deur die wetenskaplike gemeenskap wat op hul beurt beweer dat die spore normale water-gebaseerde kondensasiespore is soos dit gevorm word deur vliegtuie onder sekere atmosferiese toestande.[4] Alhoewel voorstanders gepoog het om die beweerde chemiese bespuiting te bewys, is hul ontledings gebrekkig of gegrond op wanopvattings.[5][6]

Vanweë die wydverspreide gewildheid van die samesweringsteorie, kry amptelike agentskappe baie navrae van mense wat 'n verduideliking daaromtrent eis.[2] Wetenskaplikes en regeringsamptenare van regoor die wêreld moes herhaaldelik bevestig dat chemspore in werklikheid normale kondensasiespore is.[7]

Die term chemspoor is 'n kombinasiewoord van die woorde chemiese en spoor (chem + trail).[8] Voorstanders van die samesweringsteorie spekuleer dat die doelwit van die beweerde chemiese vrystelling kan wees om sonstraling te bestuur,[2] sielkundige manipulasie, menslike bevolkingsbeheer, klimaatsverandering, biologiese of chemiese oorlogvoering en dat die spore verantwoordelik is vir respiratoriese siektes en ander gesondheidsprobleme.[1][9][10]

  1. 1,0 1,1 Fraser, Stephen (2009).
  2. 2,0 2,1 2,2 Watson, Traci (7 March 2001).
  3. James, Nigel (2003).
  4. "Contrails Facts" (PDF).
  5. Radford, Benjamin (March–April 2009).
  6. Thomas, Dave (September 2008).
  7. Downing, Bob (16 March 2002).
  8. "chemtrail".
  9. Schlatter, Thomas (9 March 2001).
  10. Pilkington, Mark.

Chemspoor-samesweringsteorie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne