Chewa | |
---|---|
’n Laat-20ste-eeuse masker van hout, verf, vere, metaal en wol van die Chewa-volk in Malawi (Britse Museum). | |
Totale bevolking: | 12 262 000 |
Belangrike bevolkings in: | Malawi Zambië Zimbabwe Mosambiek |
Taal: | Chichewa Engels |
Geloofsoortuiging: | Christendom Tradisionele Afrika-godsdienste |
Verwante etniese groepe: | Bantoevolke |
Die Chewa is ’n Bantoevolk van Sentraal- en Suider-Afrika en die grootste etniese groep in Malawi. Hulle is naby verwant aan ander volke in die omringende streke, soos die Tumbuka en Nsenga. Hulle is ook histories verwant aan die Bemba, met wie hulle ’n oorsprong in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) deel.
Nes met die Nsenga en Tumbuka, het ’n aansienlike deel van die Chewa-gebied onder invloed gekom van die Ngoni-volk, wat uit die ou Suid-Afrikaanse provinsie Natal of Transvaal daarheen getrek het. ’n Alternatiewe naam vir die Chewa is die Nyanja. Hul taal word Chichewa/Chinyanja genoem. Die Chewa is internasionaal die bekendste vir hul maskers en hul geheime gemeenskap, die Nyau, sowel as hul landboutegnieke.
Die Chewa is nes die Nyanja, Tumbuka en Senga ’n oorblyfsel van die Koninkryk Maravi. Daar is twee groot Chewa-clans, die Phiri en die Banda,[1] en hulle bestaan uit sowat 1,5 miljoen mense.[2] Die Phiri word verbind met die konings en aristokrasie, en die Banda met helers en mistici.