Chloroplast-DNS is die DNS van chloroplaste.[1][2] Dit word gewoonlik afgekort tot cpDNS.[3] Dit staan ook bekend as die plastoom wanneer daar na die genome van ander plastides verwys word. Die bestaan van chloroplast-DNS is die eerste in 1962 bewys[4] en is die eerste in 1986 gesekwensieer toe twee Japannese navorsingspanne die chloroplast-DNS van lewermos en tabak gesekwensieer het.[5] Sedertdien is honderde chloroplast-DNS'e van verskeie spesies – meestal landplante en groen alge – gesekwensieer.[6]