'n Chondrule (van die antieke Griekse χόνδρος chondros, "korrel") is 'n ronde korrel wat in 'n chondriet voorkom. Chondrules vorm as gesmelte of deels gesmelte druppels in die ruimte voordat hulle deur 'n asteroïde aangetrek word.
Omdat chondriete een van die oudste soliede materiale in die sonnestelsel[1] en vermoedelik die boustene van die planeetstelsel is, is 'n begrip van die vorming van chondrules belangrik om die aanvanklike ontwikkeling van die planeetstelsel te verstaan.