Die Chrysler-gebou is 'n beroemde gebou in New York met ’n blink spitspuntdak. Dit is 319 meters (1046 voet) hoog en het 77 verdiepings.[1] Die gebou, wat van 1928 tot 1930 gebou is, is een van die hoogste geboue ter wêreld.
Die Chrysler-gebou was van 1930 tot 1931 die hoogste gebou in die wêreld. Voordat dit gebou is, was The Trump-gebou die hoogste gebou ter wêreld. Die Empire State-gebou het een jaar later die hoogste gebou geword. Die Chrysler-gebou is tot vandag toe nog die hoogste baksteengebou op aarde.
Die Chrysler-gebou was van 1930 tot 1931 die hoogste struktuur in die wêreld. Voordat dit gebou is, was die Eiffeltoring die hoogste struktuur. Die Empire State-gebou het 'n jaar later die titel oorgeneem.