Coracias | |
---|---|
![]() | |
'n Volwasse Europese troupant (Coracias garrulus) in Spanje met honderdpoot-prooi | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Coracias Linnaeus, 1758
|
Spesies | |
8, sien teks | |
Sinonieme | |
Galgulus Brisson, 1760 |
Coracias is 'n Ouwêreldse genus van voëls in die familie van troupante (Coraciidae). Hulle is tuis in boom- en bosveld en is kleurryk geveerd, met blou en bruin as die oorheersende kleure. Hul prooi is ongewerweldes en insekte wat hulle op die grond, in bome of in vlug vang nadat die omgewing van 'n wagpos af bespied is. Die twee buitenste voortone van elke poot is by die basis aan mekaar verbind.