Daemonologie

Daemonologie

SkrywerJakobus VI en I
LandEngeland
TaalEngels
Reeks3 boeke en 'n pamflet in een volume.
GenreOkkultisme, godsdiens, filosofie
Uitgewer
Uitgegee1597
MediumGedrukte vorm
Voorloper Newes from Scotland (1591)

Daemonologie is in 1597 die eerste keer gepubliseer[1] deur koning Jakobus VI van Skotland (later ook Jakobus I van Engeland) as 'n Middeleeuse dissertasie oor nekromansie (geestesbeswering) in sy tyd en die historiese verhoudings tussen die verskeie metodes van waarsêery wat onder swartmagie gebruik is. Die volle titel was Daemonologie, In Forme of a Dialogue, Divided into three Books: By the High and Mighty Prince, James &c. Dit is in 1603 herdruk toe Jakobus die troon van Engeland bestyg.

Die algemene konsesus is dat koning Jakobus Daemonologie geskryf het in antwoord op skeptiese publikasies soos Reginald Scot se The Discoverie of Witchcraft.[2] Die boek sluit 'n studie van demoneleer in asook die metodes wat demone gebruik om gekwelde mense lastig te val. Dit keur die praktyk van heksevervolging goed.

Daemonologie was vermoedelik een van die hoofbronne van William Shakespeare toe hy Macbeth geskryf het. Shakespeare skryf baie van die aanhalings en rituele toe aan die drie hekse, maar gee ook erkenning aan die Skotse temas en agtergrond van die hekseverhore waarby koning Jakobus betrokke was.

  1. Evans, G. Blakemore (1997). The Riverside Shakespeare (2 uitg.). Boston [u.a.]: Mifflin. p. 1356. ISBN 0-395-75490-9.
  2. Ryynänen, Timo (2010). "James VI: The demonologist king: Demonic descriptions and their context in James VI's Daemonologie" (PDF). Itä-Suomen yliopisto: 8.

Daemonologie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne