Damaskus دمشق Damas | |
---|---|
Stad | |
Byname: Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين) | |
Koördinate: 33°30′47″N 36°17′31″O / 33.51306°N 36.29194°O | |
Land | Sirië |
Regering | |
• Goewerneur | Bishr Al Sabban |
Oppervlak | |
• Totaal | 105 km2 (40,5 vk. myl) |
• Land | 77 km2 (29,7 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 834 741 |
• Digtheid | 6 605/km2 (17 110/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (EET) |
• Somertyd | UTC+3 (EEST) |
Webwerf | damascus.gov.sy |
Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en die grootste stad van Sirië met 'n bevolking van sowat 1 834 750 in 2010 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste steedsbewoonde hoofstad ter wêreld en word as UNECSO-Wêrelderfenisgebied gelys.[1][2][3][4]
Die stad vorm sy eie plaaslike regering en is ook die hoofstad van Rif Dimashq distrik. Die stad is die tuiste van 1,8 miljoen mense, wat dit Sirië se tweede grootste stad maak ná Aleppo. Ongeveer 2,8 miljoen mense woon hier in 2010. Die stad word in die volksmond Sham genoem. Damaskus beteken bevogtigde huis of - klooster in Aramees.