Desna | |
---|---|
Die Desna by Jelnja, Rusland | |
Die stroomgebied van die Desna | |
Oorsprong | Smolensk-heuwels, Smolensk-oblast, Rusland |
Monding | by Kijif, Oekraïne Dnjepr |
Stroomgebied | Rusland, Oekraïne |
Lengte | 1 130 km (700 myl) |
Gemiddelde afloop | 4 100 m³/s (145 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 88 900 km² (34 324 myl²) |
Kaart van die Desna-bekken in Europa
|
Die Desna (Russies: Десна́; Oekraïens: Десна) is die grootste sytak van die Dnjepr in Oos-Europa. Dié rivier, met 'n lengte van 1 130 km (700 myl), ontspring in die Smolensk-heuwels suidoos van Smolensk in die Smolensk-oblast van Rusland. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidelike rigting tot by Brjansk. Vanaf hier vloei die Desna in 'n suidwestelike rigting, bereik die Oekraïense grens en vloei deur Tsjernihif. Net noord van die Oekraïense hoofstad Kijif mond dié rivier in die Dnjepr uit.[1]