Dinamiet is 'n plofstof wat saamgestel word deur die hoogs plofbare nitrogliserien te meng met diatoomaarde (Kieselguhr) as absorbant. Dit is in 1866 deur die Sweedse chemikus en ingenieur Alfred Nobel uitgevind en in 1867 gepantenteer. Dit word gewoonlik in die vorm van kerse verskaf wat ongeveer 20 cm lank en 2.5 cm in deursnee is (ander groottes is egter ook beskikbaar).