Dodder (Cuscuta) | |
---|---|
![]() | |
Europese dodder (C. europaea) op 'n kruidvlier-gasheerplant (S. ebulus) | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Convolvulaceae |
Tribus: | Cuscuteae |
Genus: | Cuscuta |
Species | |
Ongeveer 100–170 spesies, insluitend: |
Dodder (Cuscuta) is 'n genus van parasitiese slingerplante wat ander plante as gasheer gebruik. Dit staan ook bekend as warkruid of monniksbaard.[1] Dit staan in Engels bekend as hellweed, devil's gut, beggarweed, strangle tare, scaldweed of dodder.[2]
Dodder het geen chlorofil nie en kan nie sy eie voedsel deur fotosintese maak nie. Dit groei op ander plante, en gebruik hul voedingstowwe, wat lei tot die verswakking van die gasheerplant. Landboukundiges beskou dodder as 'n verwoestende onkruid en probeer om dit uit te roei.[2]