Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Doksisiklien

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Doksisiklien

Doksisiklien is 'n breëspektrum-antibiotikum wat in die groep tetrasikliene val. Dit word gebruik in die behandeling van infeksies wat deur bakterieë en sekere parasiete veroorsaak word.[1] Doksisiklien word gereeld gebruik vir die behandeling van bakteriële longontsteking, aknee, chlamydia-infeksies, Lyme-siekte, cholera, tifus en sifilis.[1] Dit word ook gebruik om malaria te voorkom, en in kombinasie met kinien, om malaria te behandel. Doksisiklien kan per mond of deur inspuiting in 'n aar geneem word.[1]

Algemene newe-effekte sluit in diarree, naarheid, braking en 'n verhoogde risiko vir sonbrand.[1] Gebruik na die eerste trimester van swangerskap of by jong kinders kan lei tot verkleuring van die tande.[1] Die gebruik daarvan tydens borsvoeding is waarskynlik veilig.[1] Soos ander agente van die tetrasiklienklas, vertraag doksisiklien bakteriese voortplanting of dood dit deur proteïenproduksie te inhibeer.[1][2] Dit maak malaria dood deur die apikoplast, 'n plastiede organel, aan te val.[3][4]

Doksisiklien is in 1957 gepatenteer en het in 1967 in kommersiële gebruik gekom.[5][6] Dit is op die lys van noodsaaklike medisyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie.[7] Verskeie handelsmerke is in die mark beskikbaar, aangesien die oorspronklike patentreg reeds 'n geruime tyd verval het en dit ook as generiese medisyne beskikbaar is.[1][8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named AHFS2015
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Nelson
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named McFadden
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lawlor
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Fischer
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Corey
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WHO
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hamilton

Previous Page Next Page