Draaikolksterrestelsel

Draaikolksterrestelsel
Die Draaikolksterrestelsel of Messier 51A (links). Die kleiner voorwerp regs bo is M51B of NGC 5195. (Bron: Nasa/ESA)
Die Draaikolksterrestelsel of Messier 51A (links). Die kleiner voorwerp regs bo is M51B of NGC 5195.
(Bron: Nasa/ESA)
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Jaghonde
Messier-naam Messier 51A
Tipe SA(s)bc pec
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 13h 29m 52,7s
Deklinasie +47º 11' 43"
Skynmagnitude 8,4
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 23 miljoen
Skynbare grootte  11′,2 × 6′,9
Rooiverskuiwing  +1,544 x 10−6
Kenmerke In ’n wisselwerking met Messier 51B
Ander name Vraagteken-sterrestelsel, Rosse se Sterrestelsel, NGC 5194, UGC 8493, PGC 47404, VV 001a, VV 403, Arp 85, GC 3572
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Draaikolksterrestelsel (ook bekend as die Vraagtekensterrestelsel, Messier 51 en NGC 5194) is ’n interaktiewe spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is een van die bekendste sterrestelsels in die ruimte.[1]

Messier 51 en sy metgesel, NGC 5195, kan maklik opgespoor word deur amateur-sterrekykers en die twee stelsels kan maklik met ’n verkyker gesien word.[2] Die afstand is onlangs geraam op 23 ± 4 miljoen ligjare van die Melkweg af,[3] maar verskillende metodes gee verskillende afstande van tussen 15 miljoen en 35 miljoen ligjare.

  1. Scalzi, John (2003). The Rough Guide to the Universe. Rough Guides. p. 250. ISBN 1-85828-939-4.
  2. Nemiroff, Robert (24 Julie 2000). "M51: The Whirlpool Galaxy". Astronomy Picture of the Day (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2018. Besoek op 22 April 2007. {{cite web}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  3. Takáts, K.; Vinkó, J. (2006). "Distance estimate and progenitor characteristics of SN 2005cs in M51". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 372 (4): 1735. arXiv:astro-ph/0608430. Bibcode:2006MNRAS.372.1735T. doi:10.1111/j.1365-2966.2006.10974.x.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Draaikolksterrestelsel

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne