Dunning-Kruger-effek

Die Dunning-Kruger-effek

Die Dunning-Kruger-effek is ’n denkfout waarin relatief onbekwame indiwidue aan denkbeeldige meerderwaardigheid ly en hul eie vermoë foutiewelik veel hoër ag as wat dit werklik is. Die denkfout is in 1999 eksperimenteel waargeneem deur David Dunning en Justin Kruger van Cornell Universiteit. Die studie is wyd gepopulariseer deur die media.[1]

Dunning en Kruger het die denkfout toegeskryf aan die metakognitiewe onvermoë van die onbekwame om hul eie vermoënsvlak akkuraat te evalueer. Hulle navorsing het ook die omgekeerde voorgestel: dat hoogs bekwame indiwidue hul relatiewe bekwaamheid geringskat met die verkeerdelike veronderstelling dat take wat vir hulle maklik is, ook vir ander maklik is.[2] Dunning en Kruger het veronderstel dat die effek die gevolg is van interne illusie in die onbekwame en eksterne wanopvatting in die bekwame: “Die miskalibrering van die onbekwame spruit uit ’n wanopvatting van die self, waar die miskalibrering van die hoogs bekwame uit ’n wanopvatting oor andere ontstaan”.[2]

  1. https://www.mcgill.ca/oss/article/critical-thinking/dunning-kruger-effect-probably-not-real.
  2. 2,0 2,1 (en) Kruger, Justin; Dunning, David (1999). "Ongeskoold en onbewus daarvan: Hoe probleme in die herkenning van eie onbekwaamheid kan lei tot oordrewe selfassesserings". Journal of Personality and Social Psychology. 77 (6): 1121–34. doi:10.1037/0022-3514.77.6.1121. PMID 10626367.

Dunning-Kruger-effek

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne