eBay Inc | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 3 September 1995 |
Hoofkantoor | San Jose, Kalifornië, Verenigde State |
Sleutelpersone | Pierre Omidyar (Voorsitter) John Donahoe (HUB) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Internet, aanlynverkope |
Produkte | eBay Classifieds, elektroniese handeldryf, aanlynveilinggasheer |
Dienste | aanlyn-kaartjieverkope en -advertensies, aanlyn-geldoordrag |
Inkomste | VS$ 16.05 miljard |
Bedryfsinkomste | VS$ 3,31 miljard |
Netto inkomste | VS$ 2,86 miljard |
Werknemers | 33 500 (Desember 2013)[1] |
Divisies | Gumtree, Kijiji, PayPal, iBazar |
Slagspreuk | "eBay: The World's Online Marketplace" |
Webwerf | www.ebay.com |
eBay Inc, (gestileer as ebay), is 'n Amerikaanse multinasionale internet verbruiker-na-verbruikerkorporasie, met sy hoofkantoor in San Jose, Kalifornië, VSA. Dit is deur Pierre Omidyar gestig in 1995, en het 'n merkwaardige suksesverhaal tydens die dot-com borrel. Dit is nou 'n multi-miljarddollar-besigheid en bedryf sake in meer as dertig lande.[2]
Die maatskappy bestuur eBay.com, 'n wêreldwye aanlynveiling- en koopwebwerf wat aan mense en besighede 'n breë verskeidenheid van goedere en dienste te koop aanbied (en namens hul verkoop). Benewens sy veiling-styl verkope, is die webwerf sedertdien uitgebrei om die "Koop nou"-opsie in te sluit. Dit ondersteun ook aanlyn-inkopies deur UPC, ISBN, of ander soorte SKU (via Half.com); aanlyn-geklassifiseerde advertensies (via Kijiji of eBay Classifieds); aanlyn-kaartjieverkope (via StubHub); aanlyngeldoordrag (via PayPal) [3] en ander dienste.
In teenstelling met die algemene opvatting, is dit nie gratis om op eBay te verkoop nie, omrede die webwerf gebruikers maandeliks faktureer.[4][5]