Ellispark-stadion | ||
Ellispark tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
| ||
Volle naam | Ellispark-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Hoek van Currey- en Staibstrate, Doornfontein, Johannesburg | |
Koördinate | 26°11′51.07″S 28°3′38.76″O / 26.1975194°S 28.0607667°O | |
Eienaar | Stad Johannesburg | |
Operateur | Ellis Park World of Sport | |
Kapasiteit | 62 567 (sokker en rugby) 55 686 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1927 | |
Geopen | 1928 | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Boukoste | £5 000 (1927) R40 miljoen (2009) | |
Huurders | ||
Goue Leeus Lions Springbokke Orlando Pirates FC |
Ellispark-stadion (tans bekend as Emirates Airline Park weens borgskapredes) is ’n stadion wat in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika, geleë is. Die Rugbywêreldbeker 1995-eindstryd, waar die Springbokke geseëvier het, het hier plaasgevind. Dié groot stadion was die land se modernste toe dit in 1982 opgegradeer is om vir bykans 60 000 toeskouers voorsiening te maak. Vandag word beide sokker- en rugbywedstryde daar gespeel en word dit ook gebruik vir ander groot geleenthede, soos onder andere opelugkonserte en geloofsbyeenkomste. Die enigste tyd wat daar nie rugby gespeel is op die veld nie, was tydens die 1980- en 1981-seisoene toe die stadion opgegradeer is.
Die stadion is genoem na mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die bou van die stadion beskikbaar gestel het.
Liga-, provinsiale en internasionale rugbywedstryde is al in die stadion gespeel. Bekende sokkerspanne soos Manchester United en Arsenal F.C. het al hier sokkerwedstryde gespeel. Ellispark-stadion is die middelpunt van ’n sportsentrum in die suidooste van Johannesburg waar dit begrens word deur die Johannesburgstadion (atletiek), die Standard Bankstadion (tennis) en ’n Olimpiese-standaard swembad.
Ellispark-stadion is die tuisveld van die volgende spanne:
Krieketwedstryde het ook al in die stadion plaasgevind in die verlede. Ses toetswedstryde het tussen 1948 en 1954 daar plaasgevind, maar dit is nie weer vir eersterangse krieket gebruik sedert die opening van die Wanderersstadion in 1956 nie, en word tans slegs vir rugby en sokker gebruik.
In 1889 is die Transvaalse Rugby Voetbalunie gestig (nou bekend as die Goue Leeus). Hul eerste wedstryde is by die Wanderersklub gespeel wie se gronde toe nog nabygeleë was (waar die Johannesburg Parkstasie vandag is).