Erdvark | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | Tubulidentata Huxley, 1872
|
Familie: | Orycteropodidae Gray, 1821
|
Genus: | Orycteropus G. Cuvier, 1798
|
Spesie: | O. afer
|
Binomiale naam | |
Orycteropus afer (Pallas, 1766)
| |
Verspreiding van die erdvark |
Die erdvark (Orycteropus afer) is 'n soogdier wat in Afrika voorkom en snags aktief is. Dit is die enigste oorlewende spesie van die soogdierorde Tubulidentata (buistandige). Die dier staan ook bekend as die aardvark.
Die erdvark is oorspronklik in dieselfde orde geplaas as die miereter, luiaard en gordeldier, in die orde Edentata. In teenstelling met die miereterorde, het die aardvark wel tande: twintig in totaal; dit het egter geen voortande nie. Die tande het nie emalje nie en word gebruik om die rysmiere wat gevreet is, te vergruis voordat hulle afgesluk word. Vandag word die erdvark beskou as onderdeel van die Afrotheria wat ook ander tipiese Afrikadiere omvat soos die olifant, die klaasneuse, gouemolle en die dassies.