Esarhaddon | |
---|---|
Koning van Assirië | |
Bewind | 681-669 v.C. |
Volle naam | Aššur-ahu-iddin (Akkadies) |
Gesterf | 669 v.C. |
Voorganger | Sanherib |
Opvolger | Assurbanipal |
Vader | Sanherib |
Moeder | Naqi'a |
Esarhaddon (Akkadies: Aššur-ahu-iddin, "Assur het ’n broer gegee") was ’n koning van Assirië wat van 681 tot 669 v.C. regeer het. Hy was die jongste seun van Sanherib en die Wes-Semitiese koningin Naqi'a, Sanherib se tweede vrou.