Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Fadjer

Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Die fadjer (Arabies: صلاة الفجر, ṣalāt al-faǧr, "dagbreekgebed") of soeboeg, wat voor dagbreek plaasvind, is die eerste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]

Fadjer kom in die Koran-hoofstuk "Die Lig" (An-Nûr) voor (Koran 24). Volgens twee hadits is die fadjer "God se gunstelinggebed aangesien baie mense dan nog slaap". Die Arabiese naam van die Koran-hoofstuk "Die Dagbreek" is ook Al-Fajr.

Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die fadjer het twee verpligte (fard) rak'ats, maar voor die tyd kan twee aanbevole (soennah) rak'ats ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.

Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]

  1. 1,0 1,1 Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org
  2. Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017

Previous Page Next Page