Faust is die hoofkarakter van 'n klassieke Duitse legende wat moontlik geskoei is op die historiese Johann Georg Faust (omstreeks 1480-1540).
Die hooggeleeerde Faust is baie suksesvol, maar ontevrede met sy lewe. Dit laat hom 'n ooreenkoms met die duiwel aangaan waarin hy sy siel verruil vir onbeperkte kennis en wêreldse plesier. Die legende oor Faust was deur die eeue die grondslag vir baie letterkundige werke, rolprente en musiekstukke. "Faust" en die byvoeglike naamwoord Fausties dui op 'n rustelose soeke na volmaaktheid, wat nooit bereik word nie.[1]
Faust van die vroeë boeke en verwerkings is onherroeplik verdoem, want hy verkies menslike kennis bo goddelike kennis. Hy sit sy Bybel weg en verkies om "mediese dokter" genoem te word eerder as "teologiese doktor". Toneelstukke en komiese poppeteaterstukke wat losweg op dié legende geskoei was, was in die 16de eeu gewild in Duitsland, waar Faust en Mefistofeles op 'n vulgêre manier mee gespot is. Die storie is in Engeland gewild gemaak deur Christopher Marlowe, wat dit 'n klassieke behandeling geee het in sy toneelstuk The Tragical History of Doctor Faustus (omstreeks 1592).[2]
In Goethe se herverwerking van die storie meer as 200 jaar later, het Faust 'n ontevrede intellektueel geword wat smag na "meer as die aardse eet- en drinkgoed" in sy lewe.