Die Genesis-skeppingsverhaal is die skeppingsmite[nota 1] van beide die Judaïsme en Christendom.[1] Die verhaal bestaan uit twee stories, wat rofweg ooreenstem met die eerste twee hoofstukke van Genesis. In die eerste storie skep Elohim (die Hebreeuse generiese woord vir God) die hemel en aarde in ses dae; daarna rus Hy en seën en heilig die sewende dag (dus die Bybelse Sabbat). In die tweede storie skep God (wat nou Jaweh genoem word), vir Adam, die eerste man, uit die stof en plaas hom in die tuin van Eden. Eva, die eerste vrou, word uit Adam se ribbebeen omgebou as 'n metgesel.
Die Hebreeuse skeppingsverhaal het temas geleen uit die Mesopotamiese mitologie, maar het dit aangepas by hulle unieke geloof in een God.[2] Die eerste uitgebreide konsep van die Pentateug (die reeks van vyf boeke van Genesis tot Deuteronomium) is vermoedelik in die laat 7de of die 6de eeu v.C. opgestel (die Jahwistiese bron) en is later uitgebrei deur ander skrywers (die priesterlike bron) tot 'n werk wat baie ooreenstem met die Genesis wat ons vandag ken.[3] Die twee bronne kan onderskei word in die skeppingsverhaal.[4] Die gekombineerde verhaal is 'n kritiek op die Mesopotamiese skeppingsteologie: Genesis bevestig monoteïsme en ontken politeïsme.[5] Robert Alter beskryf die gekombineerde verhaal "boeiend in sy argetipiese hoedanigheid, sy aanpassing van mite vir monoteïstiese doeleindes".[6]
Geleerdes verwys dikwels na Genesis as 'n mite, want al het die skrywer van Genesis 1-11 sy verhaal "gedemitologiseer" deur die verwydering van die Babiloniese mites en die elemente wat nie in sy eie geloof gepas het nie, bly dit 'n mite in die sin dat dit 'n storie van oorsprong is.[7]
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found