Golanhoogland هضبة الجولان רמת הגולן | |
---|---|
Ligging van die Golanhoogland. | |
Oppervlak | |
• Totaal | 1 200 km2 (500 vk. myl) |
Hoogte | 2 814 m (9 232 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 40 000−49 700 |
Tydsone | UTC+3 (+2) |
Status | Internasionaal erken as Siriese grondgebied wat deur Israel beset word[1][2][3][4] |
Die Golanhoogland (Arabies: هضبة الجولان, Haḍbatu l-Jawlān, of مرتفعات الجولان, Murtafaʻātu l-Jawlān; Hebreeus: רמת הגולן, HaGolan) is ’n streek van sowat 1 800 km2 in die Levant. Die definisie van die streek verskil tussen twee dissiplines: As ’n geologiese en biogeografiese streek is die Golanhoogland ’n basaltagtige plato wat in die suide deur die Jarmoekrivier begrens word, in die weste deur die See van Galilea en die Hoelavallei, in die noorde deur die Anti-Libanonberge met Hermonberg en in die ooste deur die wadi Ruqqad; en as ’n geopolitieke streek is dit die gebied wat tydens die Sesdaagse Oorlog van 1967 van Sirië verower is en sedert 1981 as deel van Israel geadministreer word (die Golanhoogland behoort tot die Noordelike distrik). Dié streek sluit die westelike tweederdes van die geologiese Golanhoogland en die Israelies besette deel van Hermonberg in.