Google-soekenjin

Google-soekenjin
Tipe webblad Soekenjin
Taal(e) Veeltalig
Registrasie Geen
Eienaar Google, Inc.
Opgerig 1996 (as BackRub)
15 September 1997 (as Google)
Huidige status Aktief
URL http://www.google.co.za/

Die Google-soekenjin is ’n soekenjin wat deur Google besit en bedryf word. Dit kan gebruik word om trefwoorde (teks) op webblaaie te soek. Dit is op 15 September 1997 bekendgestel en het sedertdien die mees gebruikte soekenjin op die wêreldwye web geword.[1] Die woord Google het mettertyd sinoniem met internetsoektogte geword en is sedert 2006 selfs as ’n werkwoord in die Oxford-woordeboek opgeneem.[2] Dit kan ook in Afrikaans as ’n werkwoord gebruik word en wel met ’n kleinletter-g.

  1. "Alexa Search Engine ranking". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 15 November 2009.
  2. Artikel oor Google deur Nico Gous, Beeld, 12 Desember 2015

Google-soekenjin

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne