Die Gote was 'n Oos-Germaansevolk, verdeel in die Oos-Gote en die Wes-Gote, en het 'n groot rol gespeel in die ondergang van die Wes-Romeinse Ryk en die vroeë MiddeleeuseEuropa. Die Gote het 'n groot gebied oorheers wat op sy hoogtepunt onder die Germaanse koning Ermanarik en sy onderkoning Athanarik moontlik die hele gebied tussen die Donau en die Don en vanaf die Swartsee tot die Oossee beheer het.[1]
Die Gote het die Gotiese taal, een van die uitgestorwe Oos-Germaanse tale, gepraat. Dit is vir die laaste keer op die 18de eeuse Krimskiereiland deur die Krim-Gote gepraat; die minste magtige, die minste bekende, en paradoksaal, die langste bestaande van die Gotiese gemeenskappe.
↑(en) Waldman, Carl; Mason, Catherine (2006). Encyclopedia of European peoples. New York: Facts On File. p. 575. ISBN978-0816049646.