'n Groensteengordel is 'n geheel van gesteentes, gewoonlik uit die Argeïkum of die Proterosoïkum wat verwant is wat ruimte en tyd betref en wat metamorfies, intrusief of ekstrusief, ultramafies, mafies tot felsies kan wees. Dit word gewoonlik deur verskeie soorte afsettingsgesteente gekenmerk en word deur granietagtige plutone omring.
Daar kom dikwels 'n verskeidenheid van groen minerale in groensteengordels voor soos serpentyn, chloriet, epidoot, aktinoliet en horingblende en dit verklaar sy naam.[1]
Die Nuvvuagittuq-groensteengordel in Quebec word met sy 4,28 miljard jaar (Hadeïkum) as die oudste gesteentes van die Aarde beskou.[2]
Gordel | Gebied | Land | Dikte [km][3] |
---|---|---|---|
Abitibi (Noranda) | Quebec | Kanada | 18 |
Setting Net Lake | Ontario | Kanada | 9,5 |
Shebandoan | Ontario | Kanada | 22 |
Yellowknife | NWT | Kanada | 18 |
Michipicoten | Ontario | Kanada | 11 |
Vermilion | Minnesota | Verenigde State | 16 |
Barberton | Mpumalanga | Suid-Afrika | 20 |
Nimini Hills | Sierra Leone | 5 | |
Tati | Botswana | 20 | |
Midlands | Midlands (provinsie) | Zimbabwe | 17 |
Coolgardie-Kurrawang | Wes-Australië | Australië | 19,5 |
West Lake Lefroy | Wes-Australië | Australië | 13 |