Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Harmonium

'n Traporrel

'n Harmonium (ook 'n traporrel of serfyn genoem) is 'n klawerinstrument soortgelyk aan 'n orrel. Die instrument blaas of suig lug deur metaalfluitjies (soos die van konsertinas en trekklaviere) wat die klank voortbring. 'n Harmonium klink baie soos 'n trekklavier.

Lugvloei word deur 'n blaas- of suigbalk opgewek. As die note op die klawerbord gedruk word, word lug vrygestel om deur die verskillende fluitjies te vloei, wat elk 'n ander noot produseer. Die instrument kan ook verskillend registers (stops) hê, wat die lug na ander stelle fluitjies gelei. As 'n blaasbalk gebruik word, wat 'n drukwind opwek, word dit 'n harmonium met bodruk genoem. 'n Harmonium met onderdruk werk met 'n suigbalk, wat 'n suigwind veroorsaak.

'n Harmonium wat met die hand gepomp word

Lugvloei word meestal deur die trap van die voet bewerkstellig. Dit laat beide hande vry om die klawers te speel. Sommige harmoniums word egter met die hand gepomp. Hierdie instrumente word met net een hand bespeel, omdat die ander hand gebruik word om die lugvloei te reguleer.

Vanweë die tipe klank wat die instrument voorbring is dit vroeër algemeen in kerke gebruik. Vir die rede word daar soms oneerbiedig van 'n psalm-pompie gepraat.


Previous Page Next Page






قدمية Arabic Хармониум Bulgarian হারমোনিয়াম Bengali/Bangla Harmònium Catalan Harmonium Czech Organ bwmp CY Harmonium Danish Harmonium German Αρμόνιο Greek Pump organ English

Responsive image

Responsive image