Herlaai, of handlaai, is die proses waartydens vuurwapenammunisie deur die herlaaier, self gelaai word, deur die samestelling van individuele komponente, (dop, slagdop, kruit en koeël) eerder as om voorafgelaaide fabrieksammunisie aan te koop.[1] Die doel van herlaai is om koste te bespaar en om die werkverrigting en akkuraatheid van jou vuurwapen te verbeter.
Naas herlaai kan die kopspasie en loopbedding van die vuurwapen self die akkuraatheid ernstig beïnvloed.