Hoopstad | |
---|---|
NG kerk te Hoopstad | |
Koördinate: 27°50′S 25°55′O / 27.833°S 25.917°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Tswelopele |
Stigting | 1873[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 27,81 km2 (10,74 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 1 295 |
• Digtheid | 47/km2 (120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 65.9% |
• Indiërs/Asiërs | 1.2% |
• Bruin mense | 1.9% |
• Swart mense | 29.3% |
• Ander | 1.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 86.8% |
• Sotho | 3.7% |
• Engels | 3.1% |
• Tswana | 1.6% |
• Ander | 4.8% |
Skakelkode | 053 |
Hoopstad is 'n dorpie aan die Vetrivier in die provinsie Vrystaat, sowat 31 km suidwes van die rivier se samevloeiing met die Vaalrivier en 90 km wes van Welkom. Die dorp bedien 'n boerderystreek waarin met Afrikanerbeeste en saaigewasse, veral mielies, koring en grondbone, geboer word. Daar is ook een nywerheidsgebied naasliggend tot die nasionale pad na die Goudveld en Bloemfontein. Die NG kerkgebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Daar is 'n buiteklub wat voorsiening maak vir allerlei sportsoorte, asook ander geriewe vir rugby, tennis, swem en atletiek. Voor die nuwe munisipale bedeling in werking getree het, was die munisipale gebied 2 962 hektaar groot. Hoopstad en die lokasie Tikwana se bevolking was saam 16 033 in 2011 gewees.[3]