iNaturalist is ’n projek en aanlyn sosiale netwerk van naturaliste, wetenskaplikes en bioloë wat waarnemings van biodiversiteit oor die wêreld heen karteer en deel.[1] Dit verskaf nuttige inligting aan ’n verskeidenheid navorsingsprojekte, museums, botaniese tuine, parke en ander organisasies.[2][3][4]
Gebruikers van iNaturalist het al meer as agt miljoen waarnemings bygedra[5] sedert dit in 2008 gestig is.