Ibisse | |
---|---|
![]() | |
Threskiornis aethiopicus in Durban, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Pelecaniformes |
Familie: | Threskiornithidae |
Subfamilie: | Threskiornithinae Poche, 1904 |
Genera | |
Ibisse (Threskiornithinae) is 'n subfamilie van voëls wat aan die familie van ibisse en lepelaars (Threskiornithidae) behoort. Die ibisse is verdeel in genera wat endemies tot die Ou Wêreld is, en ander wat tot die Nuwe Wêreld beperk is.
Ibisse is waadvoëls met lang bene en lang afgeboë snawels. Hulle soek gewoonlik in groepe kos, meestal skaaldiere wat hulle uit die modder oppik. Die meeste spesies broei in bome, dikwels met lepelaars of reiers.