Ido | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ||
Gebied: | ||
Totale sprekers: | ||
Taalfamilie: | Indo-Europees Kunsmatige taal Ido | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | io
| |
ISO 639-2: | ido
| |
ISO 639-3: | ido
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ido is 'n kunstaal wat daarop gemik is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Dit is ontstaan in 1907 as 'n hersiene of hervormde weergawe van Esperanto. Die voornaamste ontwerpers was Louis Beaufront en Louis Couturat. Andere vroeë aanhangers was Wilhelm Ostwald en Otto Jespersen. Dit is in die vroeë 1900's ontwikkel en het steeds 'n klein aantal aanhangers, veral in Europa.
Die makers van Ido het 'n sisteem van ses brontale, Duits, Engels, Frans, Italiaans, Russies en Spaans, gebruik om die woordeskat van Esperanto aan te pas en meer internasionaal te maak. Ido lyk hierdeur baie veel op 'n Romaanse taal.