Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Isoniasied | |
---|---|
![]() |
![]() |
Chemie | |
IUPAC sistematiese naam | iso-nikotiniel-hidrasien |
Chemiese formule | C6H7N3O |
Molêre massa | 137.139 g/mol |
CAS registernommer | 54-85-3 |
Farmakokinetika | |
Roete van toediening | mondelings, intramuskulêr, intraveneuse inspuiting |
Proteïengebonde | weinig (0-10%) |
Metabolisme | Lewer; CYP450: 2C19, 3A4 inhibeerder |
Eliminasie-halfleeftyd | 0.5-1.6 uur (snel asetieleerders) 2-5 uur (stadige asetieleerders) |
Uitskeidingsroete | urine (primêr), ook faecies |
Isoniasied, ook bekend as iso-nikotiniel-hidrasien (afgekort as INH), is 'n organiese verbinding wat die eerste-linie medikasie is vir die voorkoming en behandeling van tuberkulose (TB). Die verbinding is reeds in die vroeë 20ste eeu ontdek, [1] maar die aktiwiteit teen tuberkulose is eers in die vroeë 1950's bekendgemaak en drie farmaseutiese maatskappye het gelyktydig, maar onsuksesvol, probeer om die middel te patenteer. [2] Die bekendste firma hiervan is Roche, wat sy weergawe, 'Rimifon' in 1952 geloods het. [3] Die middel is aanvanklik in Arizona, Amerika op die Navajo-gemeenskap van "Many Farms" getoets, danksy die bevolking se ernstige tuberkulose probleem en omrede hulle nie voorheen aan streptomisien blootgestel was nie, die belangrikste tuberkulose behandeling van daardie tyd. [4] Met die bekendstelling van isoniasied is 'n moontlike kuur vir tuberkulose die eerste keer gevind.
Isoniasied is beskikbaar in tabletvorm, stroop, en inspuitbare vorms (binnespiers of binneaars). Dit is wêreldwyd beskikbaar, is goedkoop en word oor die algemeen goed verdra deur pasiënte. Dit word vervaardig van isonikotiniese suur, wat weer geproduseer word van 4-metielpiridien. [5]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)