Izborsk Изборск Irboska | |
---|---|
Dorp | |
Die kerk van Izborsk | |
Die ligging van Pskof-oblast in Rusland | |
Koördinate: 57°42′30″N 27°51′30″O / 57.70833°N 27.85833°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Pskof-oblast |
Stigting | 862 |
Dorpstatus | 1920 |
Bevolking | |
• Totaal | 789 |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Poskode | 181518 |
Skakelkodes | 7 81148 |
Izborsk (Russies: Изборск; Estnies: Irboska) is ’n dorp in die Pskof-oblast, Rusland. Dit het een van die oudste en indrukwekkendste forte in Wes-Rusland. Die dorp lê 30 km wes van Pskof en net oos van die grens met Estland. Volgens die Russiese Primêre Kronieke was die dorp van 862 tot 864 die setel van die eerste Russiese leier, Rjoerik, se broer, Troewor. Argeologiese opgrawings het egter geen bewyse daarvan opgelewer nie.