Jekaterinburgtyd (Russies: екатеринбургское время; jekaterinboergskoje vremja) of YEKT, soms ook Oeraltyd (уральское время; oeralskoje vremja) genoem, is 'n tydsone in Rusland wat 5 uur voor Greenwichtyd , dus UTC+05:00 is.
Die tydsone is vernoem na die stad Jekaterinburg.