Jovianus | |
---|---|
Keiser van die Romeinse Ryk | |
’n Portret van Jovianus op ’n muntstuk.
| |
Bewind | 27 Junie 363 - 17 Februarie 364 |
Volle naam | Flavius Jovianus Augustus |
Gebore | 331 Singidunum (Belgrado, Serwië) |
Oorlede | 17 Februarie 364 (op 33) Dadastana (in Anatolië) |
Volle naam | Flavius Claudius Julianus |
Voorganger | Julianus |
Opvolger | Valentinianus I |
Vrou | Charito |
Vader | Varronianus |
Godsdiens | Christelike geloof |
Jovianus (Grieks: Ἰοβιανός; 331 - 17 Februarie 364) was van Junie 363 tot Februarie 364 keiser van die Romeinse Ryk. Hy was lid van die keiserlike wag en het keiser Julianus vergesel op sy veldtog teen die Sassanidiese Ryk. Ná Julianus se dood tydens die veldtog is Jovianus deur die soldate tot keiser verklaar. Met die leër én voorraad wat uitgeput was en omdat hy nie in staat was om die Tigrisrivier oor te steek nie, het hy op vernederende terme vrede met Persië gesluit. Ná sy aankoms in Edessa het Jovianus ’n petisie van biskoppe ontvang oor die Christelike geloof, en teen September 363 het hy dit weer die staatsgeloof gemaak.
Teen Desember 363 het Jovianus by Ancyra sy babaseun, Varronianus, konsul gemaak.[1] Terwyl hy van daar op pad terug was na Konstantinopel, is Jovianus op 17 Februarie 364 by Dadastana, halfpad tussen Ancyra en Nicea, dood in sy tent aangetref.[2] Sy dood, wat nooit ondersoek is nie,[3] was moontlik as gevolg van giftige gasse van die nuut geverfde slaapkamermure.[4][3][1][5] Jovianus was 33 toe hy dood is. Hy is opgevolg deur twee broers, Valentinianus I en Valens, wat die ryk tussen hulle verdeel het.[6]
Valentinianus en Valens het enige bedreigings vir hulle amp uit die weg geruim.[7] Jovianus se seun, Varronianus, is verblind om te verseker hy sou nooit op die troon sit nie.[7]