Die Kaapvaal-kraton (wat om die Suid-Afrikaanse provinsie Limpopo gesentreerd is) is saam met die Pilbara-kraton van Wes-Australië die enigste twee oorblywende dele van die oeroue aardkors van 3,6-2,5 miljard jaar gelede. Ooreenstemmings in die rotsrekords van dié twee kratons, veral van die laat Argeïese sekwensies, dui daarop dat hulle eens deel van die superkontinent Vaalbara was.[1]