Kanaloa | ||
Soort god | Hawais | |
God van | die onderwêreld | |
Simbool | Pylinkvis, seekat |
Kanaloa is in die Hawaise godsdiens een van die hoofgode. Die ander drie is Ku, Kāne en Lono. Kanaloa is 'n manlike god en sy simbole is 'n pylinkvis en seekat. Hy word gewoonlik met Kāne verbind.[1] Dit is ook 'n alternatiewe naam vir die eiland Kahoʻolawe.