Kiewiete

Kiewiete
Charadrius vociferus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Charadriinae

Leach, 1820
Genera

Pluvialis
Charadrius
Thinornis
Elseyornis
Peltohyas
Anarhynchus
Phegornis
Oreopholus

Kiewiete is 'n wydverspreide groep van waadvoëls (watervoëls) wat tot die subfamilie Charadriinae (familie Charadriidae) behoort. Daar is ongeveer 40 spesies in die subfamilie. Kiewiete is klein tot middelgroot, swart of grysbruin en wit voëls met taamlik lang pote. Hulle is grondbewoners wat op binnelandse vlaktes, langs die kus, by strandmere of binnelandse waters aangetref word. Die meeste van die sowat 60 spesies behoort tot die genus Charadrius, wat wêreldwyd voorkom.

Oor die algemeen is kiewiete ware trekvoëls wat in die Noordelike Halfrond broei en in die suide oorwinter. Sommige van die spesies wat in Suider-Afrika aangetref word, is egter standvoëls wat hier broei. Die neste beslaan gewoonlik net uit 'n holte in die grond en daarin word sowat 4 eiers gelê.


Kiewiete

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne