Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kimberliet

Kimberiet

Kimberliet is 'n gesteente. Dit dank sy naam aan die stad Kimberley in Suid-Afrika.

Kimberliet is 'n polimiktiese megakrist-ryke ultramafiese vulkaniese breccia, wat veral bestaan ​​uit groot hoeveelhede geserpentineerde olivien, met wisselende hoeveelhede flogopiet, karbonaat, granaat (bv. pyrope), ortopirokseen, klinopirokseen, chromiet en verskeie oksiede. Gewoonlik is dit porfirities en kom dit in vertikale pype, dyke en drumpels voor.[1]

Dit is die vernaamste primêre gasheer vir diamant, maar slegs 'n klein persentasie van die bekende kimberliet-voorkomste is diamanthoudend. Daar is meer as 6 500 bekende voorkomste van kimberliet in die wêreld. Diamante word 150 tot 700 km diep in die Aarde gevorm, en word dan opwaarts gedra in 'n seldsame vulkaniese uitbarsting van 'n kimberliet-magma. Die mens het nog nooit so 'n gebeurtenis gesien nie, en die uitbarsting van hierdie magma word beskou as die vinnigste en gewelddadigste tipe vulkaniese uitbarsting op aarde.[2]

  1. "Kimberlite". Mindat 48035.
  2. Karen V. Smit, Steven B. Shirey (2019). "Kimberlites: Earth's Diamond Delivery System". gia.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Previous Page Next Page






كمبرليت Arabic Kimberlit AZ Кімберліт BE Кимбърлит Bulgarian Kimberlita Catalan Kimberlit Czech Kimberlit Danish Kimberlit German Kimberlite English Kimberlita Spanish

Responsive image

Responsive image