Kitwe

Kitwe
Kitwe in die verte.
Kitwe in die verte.
Vlag van Kitwe
Vlag
Kitwe is in Zambië
Kitwe
Kitwe
Koördinate: 12°49′0″S 28°12′0″O / 12.81667°S 28.20000°O / -12.81667; 28.20000
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieKoperstreek
Bevolking
 • Totaal547 700
TydsoneUTC+2 (SAST)
Die belangrike Nkana-oopgroefmyn in Kitwe.

Kitwe is met 'n bevolking van meer as 415 720 (2007) die grootste stad in Zambië se Koperstreek-provinsie en naas Lusaka die grootste in die land. Die stedelike gebied sluit die Nkana-myn in en dit is die handel- en nywerheidsentrum van die provinsie, wat stede en dorpe soos Ndola (58 km hiervandaan), Luanshya, Chingola, Mufulira en Kalulushi insluit.

Die stad het in 1953 munisipale status verwerf. In 1959 was die inwonertal 46 070, waarvan 6 000 blankes was en in 1965 sowat 115 000, waarvan 12 000 blankes was. Padlangs is die stad 358 km van Lusaka af geleë, 830 km vanaf Livingstone en 927 km vanaf Chipata.

Skaars 30 jaar ná sy ontstaan, staan president Kenneth Kaunda op 18 Mei 1966 stadstatus aan Kitwe toe.[1]

  1. http://www.nrzam.org.uk/Site%20Resources/BrianBarratt/KitweCity/kitwe2a.jpg

Kitwe

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne