Datum van stigting of ontstaan | 7000 BCE |
---|---|
Inheemse etiket | Κνωσός |
Kultuur | Minoïese beskawing |
Land | Griekeland |
Geleë in administratiewe eenheid | Heraklion Munisipaliteit |
Geleë in tydsone | 00, UTC+03:00 |
Geleë in geografiese gebied | Kreta |
Geografiese ligging | 35°17′53″N 25°9′47″E |
Tydperk | Minoïese beskawing |
Erfenisbenaming | listed archaeological site in Greece |
Beskryf by URL | http://odysseus.culture.gr/h/2/gh251.jsp?obj_id=2369, http://odysseus.culture.gr/h/2/gh251.jsp?obj_id=716 |
Director of archaeological fieldwork | Arthur Evans |
Knossos (Grieks: Κνω(σ)σός, Knōs(s)os) is die grootste Bronstydperk argeologiese terrein op Kreta en is Europa se oudste stad genoem. Opgrawings hier het baie bygedra tot kennis oor die Minoïese beskawing.
In die 19de eeu is materiaal van ’n terrein suid van die Kretensiese hoofstad, Heraklion, weggedra om huise in die stad te bou. Daar is vermoed dat die ruïnes van die kolossale Minoïese paleis van Knossos op die terrein geleë was en in 1878 het die Engelse argeoloog Arthur John Evans besluit om ondersoek in te stel voor al die boumateriaal weggedra word. Hy het met uitgrawings by Knossos begin en dit het gou duidelik geword dat ’n Minoïese paleis wel hier gestaan het, waarskynlik die paleis van die legendariese koning Minos.
Evans het die westelike vleuel van die paleis ontdek en baie erdewerk, vase en kanne is hier gevind, asook ’n belangrike fresko.[1]